Summer Screening Fundraiser vir die Dagga Couple

Die Dagga Couple hou komende Saterdag (24 November 2012) die eerste van hulle “Summer Screening” fundraisers. Dit is ‘n awareness aand en daar word ‘n documentary gewys buite onder die sterre. When We Grow, This Is What We Can Do is ‘n kort een uur documentary wat gaan oor al die positiewe gebruike van die cannabis plant. Na dit is daar ‘n 30 minute talk oor die scientific en gesondheids voordele wat gekry kan word van die cannabis plant af.

Dit alles gebeur op die Jazzfarm en jy kan meer info oor die aand kry op die Jazzfarm website. Kaartjies is spot goedkoop teen R40 en is beskikbaar online hier, of jy kan net jou R40 betaal as jy daar kom. Kom chill lekker in die Jazzfarm tuin en leer bietjie iets oor dagga saam met cool mense. Dit is ‘n fundraiser om die Dagga Couple uit te help, so bring jou geldjies saam want daar sal iets wees om te tand vir mense wat soet en sout goed like. Die bar sal oop wees vir die wat dors raak en jy kan bier, wyn, koeldranke en bottel water koop by die bar.

Ek en Robbies was gisteraand by die Jazzfarm om ‘n podcast met die Dagga Couple te doen en ek dink ek gaan sommer Saterdag na die screening toe gaan ook. Sien jou daar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"