Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

1Nov/121

Skrillex – Cinema Drums video of Awesome

Luke Holland is 'n knaap uit Arizona 'Merica. Hy is 19 jaar oud en hy ken so paar tricks as dit kom by dromme speel. Eintlik is hy fokken goed en as jy die drumming video hier onder kyk van waar hy dromme speel saam met Skrillex se "Cinema" dan sal jy sien net hoe goed hy is.

Ek het 'n rukkie terug van die dubstep wa afgeval. Alle dubstep klink vir my dieselfde nou, maar die video is awesome. Dit vat 'n rukkie vir die aksie om behoorlik af te skop. As jy nie geduld het nie kyk van 01:20 af, daar raak dinge baie cool. So moet nie dat die feit dat daar dromme gespeel word saam met 'n dubstep tune jou afsit nie.

Dit is altyd vir my verbased hoe goed "bedroom musicians" kan wees. Ek like die fancy tricks wat hy tussen die gespeel deur met die drumsticks doen.

Dankie aan Riaan wat die een vir my gestuur het.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Calling All Cars
Fokofpolisiekar – Swanesang die unsung South African hero van musiekalbums
The Smashing Pumpkins - Bullet with Butterfly Wings

Posted by Ruan Stix Fourie

One comment on “Skrillex – Cinema Drums video of Awesome

  1. Drinkwater on said:

    Fok my, dis mal! Hierdie bra gaan nog groot geld maak met daai mad skills!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers