Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA eSports: VS Gaming en SuperSport vennootskap

As jy nog nie geweet het nie eSports is ‘n ding, veral in Suid-Afrika ook. Die eSports scene groei al teen ‘n reuse spoed oor die laaste paar jaar in Suid-Afrika. Die Telkom DGL is die grootste gaming league in Suid-Afrika, maar dit word nou VS Gaming, ‘n aleenstaande subsidiary. VS Gaming het ook nou ‘n ooreenkoms met SuperSport gemaak om SuperSport die amptelike broadcast partner te maak.

Wat verander met VS Gaming?

Die lang en kort daarvan is dat die Telkom DGL se naam verander en dat ons nou baie meer eSports gaan sien op SuperSport.

Die current league en die Master league sal aangaan net soos dit is tot die einde van die 2017 seisoen, maar van volgende jaar af is VS Gaming die groot gaming league in SA. Reëls ens. van die current league bly presies soos dit is.

Watse eSports gaan ons sien op SuperSport van VS Gaming?

VS Gaming het opkomende Dota 2 en CS:GO tournaments wat kom en dit sal uitgesaai word op SuperSport. Met ander woorde sal jy Gevaaalik Gaming se Dota 2 team miskien kan check op die TV. Ek hou my vingers gekruis dat ons ook binnekort dan Halo, Battlefield, Rocket League, FIFA en Rugby eSports tournaments gaan sien op SuperSport.

eSports in Suid-Afrika hou aan groei

Wat hierdie vir ons wys is dat eSports in Suid-Afrika nie meer net ‘n game is nie. Daar is biljoene Rande in gaming en eSports reg oor die wêreld en in Suid-Afrika begin die geld ook nou rol. Daar is selfs so paar gamers hier en daar wat al ‘n lewe maak van deelneem aan eSports. Plus, daar is ‘n hele industrie wat gevul gaan moet word met nie net spelers nie, maar managers, coaches, casters, broadcasting teams en vele meer.

Goeie nuus vir alle gaming en eSports fans in Suid-Afrika.

You may also like...

2 Responses

  1. June 6, 2017

    […] the same as the DGL (now VS). There is a ladder and a champions division. In the champions division there were 8 pre-invited […]

  2. June 14, 2017

    […] Gaming’s DOTA 2 team has undergone a few changes going into the the new DGL leg as well as the ORENA ladder league. We see the exit of one of our recent recruits, Fonix, who has […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *