Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

23Aug/124

PSY – GANGNAM STYLE

Ek weet nie waar kom die ou vandaan nie en ek het nie lus om nou die interwebs deur te soek om uit te vind nie. My maagspiere is te seer van al die lag en ek is nou baie moeg. Wat ek jou kan sê is dat hy 'n chonkie (of Asian vir die politically correct grensers wat nie kan lag oor enige ding nie) met die naam Psy en die song se naam is "Gangnam Style". En style is iets waarvan Psy tonne het.

Kyk net hoe dans die bra en sy vreinde, veral die klein outjie aan die begin van die video. Plus hy het klomp spiffy suites en daar is heeltyd gevaaalike dames om hom. Jy soek sy Gangnam style. Ek kan nie opuhou lag vir die video nie. Baie dankie aan Wikus Steyl (Wikus het ook style, jy spel dit net anders) wat die vir my gestuur het.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Maandag lag bietjie
Webcam Meisie Verras
Kanye West loop in 'n paal vas

Posted by Ruan Stix Fourie

Tagged as: , Leave a comment

4 comments on “PSY – GANGNAM STYLE

  1. Jaczer on said:

    Wens ek kon verstaan wat hy sing! Thanks Die het my dag gemaak!

  2. René Esterhuizen on said:

    Hy kom van Suid Korea af! ^_^
    Die song is huge hier!
    Die hele liedjie gaan basically oor hom wat sy ideale meisie beskryf. Die chorus is “oppa Gangnam style” Oppa beteken ouer broer, en dit is hierso cute/cool as meisies jou dit noem as ‘n troetelnaampie. Gangnam is ‘n ryk buurt in Seoul. Die ouens wat saam met hom dans in die video is famous comedians in Korea.

  3. Thanks vir die info Rene

  4. ons kort n PSY vs Mandoza remix

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers