Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

10Aug/120

Passion Pit… Gee my nog

Vanoggend se Vrydag Party Song is tans een van my gunstelinge op die radio: Passion Pit se "Take a Walk". Fokkit, as ek die song hoor wil ek net begin dans. Hierdie treffer gaan beslis 'n paar keer blêr by Oppikoppi. Die chorus is befok en die verse se woorde is ook glad nie sleg nie. Hierdie is definitief een van daai songs wat so hard as moontlik gespeel moet word.

Passion Pit het in 2007 tot stand gekom in Cambridge, Massachusetts. Michael Angelakos (lead vocals, keyboards), Ian Hultquist (keyboards, guitar), Ayad Al Adhamy (synthesizer, samples), Jeff Apruzzese (bass, synth bass), and Nate Donmoyer (drums) is die lede van my nuwe gunsteling Indie Pop band. Geen verrassings daar nie. Al die brasse behalwe Angelakos het klas geloop by die bekende Berklee College of Music in Boston.

Nou wonder jy seker waar die naam Passion Pit vandaan kom? Wel, dis die naam van Traci Lords se porn movie wat in die 80's verskyn het. Hier is 'n foto van haar:

Die ouens het al 'n paar albums release. In September 2008 het hul die eerste EP onder die titel Chunk of Change release en daarna het twee vollengte albums gevolg, naamlik Manners en Gossamer.

Maak jou kantoor skoon, skuif al die meubels weg en druk play op die video!

Soortgelyke gevaaalikhede:

Rise Against en Pendulum vir RAMfest 2013
Gerald Clarke - Black Water music video
Goodnight Wembley - Bad Reputation

Posted by Posduif

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers