Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

22Jun/110

Oppikoppi 2011 – Unknown Brother

Daardie wonderlike tyd van die jaar is weereens om die draai. Nee, ek praat nie van die somer nie. Dit is nog 'n tydjie voor dit gebeur. Nee, ek praat van Oppikoppi "Unknown Brother". Ja, dit is tyd vir stof, rock, suip en kuier by een van die beste festivals wat Suid-Afrika het van die vyfde tot die sewende Augustus.

Met bands soos Zebra & GiraffeVan Coke KartelTUMI (Tumi & the Volume)Tidal WavesThe dead will tellThe Black HotelsSum 41 Sipho "Hotstix", MabuseP.H.FatNot My DogMichelle Shocked, LARK (electro set), Karen ZoidJax PanikHoliday MurrayGazelleFUZIGISHFulkaFrankie FireDie Tuin DwergiesDie AntwoordDesmond & the Tutus, David Kramer (feat Jack Parow, Francois v Coke, Laudo Liebenberg etc), Dan PatlanskyChevelleBittereinderAlleen na DesemberaKINGA fate like yours. Wel hoe doe fok kan jy dit wil mis? En ja, jy het reg gelees: Sum 41 en Chevelle gaan Oppikoppi ook hierdie jaar rock.

Ek, Posduif en Robbies het klaar ons kaartjies verseker. Jy kan jou kaartjie ook nou gaan koop by Ticketbreak. Dit gaan jou R550 rand kos, maar as jy kyk na al die bands wat jy kan sien terwyl jy daar is, is dit vir seker daardie pitte werd. So waarvoor fokken wag jy? Miskien loop jy ons nog op die kampterrein raak. (Ons sal die ouens wees wat die hardste party en die meeste teels smelt.)

Soortgelyke gevaaalikhede:

Hou dit gevaaalik.com
Tracy McGregor Playboy Billboard maak golwe
Nuwe Black Sabbath Single - God is Dead?

Posted by Ruan Stix Fourie

4 comments on “Oppikoppi 2011 – Unknown Brother

  1. Pingback: Stoute Boudjies | Gevaaalik.com

  2. Pingback: Stoute Boudjies | Gevaaalik.com

  3. Pingback: Vrydag Bederf en slegte nuus | Gevaaalik.com

  4. Pingback: Chevelle kom Suid-Afrika toe | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers