Ninebot Mini Pro South Africa – Nou plaaslik beskikbaar
As jy my laaste YouTube video gekyk het sou jy sien dat ek by die Xiaomi event nie net die Ninebot Mini Pro gesien het nie, maar ook die kans gekry het om een vir myself te probeer. Nou het ons Ninebot Mini Pro South Africa vir almal. Die Ninebot Mini Pro is gebou deur Segway en die beste manier om te beskryf wat dit is, is as volg:
Die Ninebot Mini Pro is ‘n robot wat jou rond dra, wat jy beheer deur jou gewig te skuif terwyl jy regop staan op die Ninebot Mini Pro.
Ek weet wat jy dink: Wie kort dit nou? Ek, ek wil een hê, verseker en glo my nadat jy op ‘n Ninebot Mini Pro gery het sal jy ook een wil hê. Om die ding te leer ry is net so maklik soos wat dit lyk (kyk die video hier onder) en dit is net soveel pret soos wat dit lyk.
https://youtu.be/Pf73z-sm1KY
Wat kos die Ninebot Mini Pro South Africa?
Die Ninebot Mini Pro se groot broer, die X2 SE, kos baie naby aan R100 000, so dit is heeltemal normaal om te dink dat jy ook ‘n arm en ‘n been gaan moet betaal vir ‘n Ninebot Mini Pro. Gelukkig vir jou kan jy nou die die MIA Africa website ‘n Ninebot Mini Pro kry vir R9 999. En jy gaan nie self die invoer kostes te betaal nie. Dit is by ver die bekostigbaarste personal transportation robot wat ek al gesien het. Meeste van die goed kos nader aan R20 000 en meer.
Met ‘n enkele charge kan jy die Ninebot Mini Pro tot en met 30km ver ry en hy kan ‘n spoed van 18km/uur behaal. Met die Ninebot By Segway App (beskikbaar op Android en iTunes) kan jy jou Ninebot afstandbeheer as jy nie eers op hom is nie, jy kan die spoed waarteen jy beweeg sien, ‘n alarm opstel vir jou Ninebot en verskeie ander customization settings verander.
Gaan ek my gat af val met die Ninebot Mini Pro?
Die Ninebot Mini Pro het allerhande processors, sensors en algorithms wat 200 keer epr sekond die bestuurder se bewegings lees. Die Ninebot leer ook uit sy bestuurder se gewoontes en pas aan by jou manier van ry. Wanneer jy jou Ninebot vir die eerste keer gebruik dan moet jy eers ‘n sekere afstand ry todat jy vrygelaat word om die vol spoed te kan gebruik, sodat jy en jou Ninebot mekaar eers bietjie kan leer ken.
Die Ninebot Mini Pro het lekker vet 10.5 duim tekkies wat maak dat jou rit op ‘n Ninebot verbasend gemaklik is. Jy kan selfs die bad boy op die strand ry want hy is ook water resistant. Die hele robot weeg net 13kg so dit is maklik genoeg om die outjie op te tel en in jou kar te sit.
Ninebot Mini Pro South Africa waar sit ek my geld?
Jy kan nou jou eie Ninebot Mini Pro kry vanaf die MIA Africa website, of jy kan een gaan koop (en sekerlik probeer vir jouself) by Dion Wired, iStore en Incredible Connection. Ek gaan verseker probeer om my hande op een van hierdie goed te kry en dan ‘n YouTube video te maak daaroor. Hou maar my YouTube channel dop oor die volgende paar weke. Maak dit maklik vir jouself en subscribe sommer.
Dra jou valhelm. Altyd! As jy dink a paal tussen you bene maak n verskil in vergelying met ‘hooverboards fails op youtube’, – dink weer.
In Suid Afrika is die kar koning en is wettig toelaatbaar op die paie. Elektriese fietse ook? Die Ninebot Mini Pro miskien nie.
The hoogte van n sypaadtjie + staan hoogte van n person = verhoog die middlepunt van swaartekrag. n ligte stamp en jy kan belaans verloor pad se kant toe. Die kar is koning.
Ek se maar net…….
@Verushka Graff: Ja, die Ninebot Mini gaan verseker nie my kar vervang nie.
Wonder wie het gese dit moet jou kar vervang…. gebruik die ding in n mall of iets… daar waar jou kar nie mag gaan