Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n Paar chill songs vir die babelas

Ek hoop van harte dat julle onmenslik erg gedrink het en baie kak aangejaag het die afgelope naweek. Paasnaweek kom net een keer ‘n jaar en ‘n mens moet hom ten volle geniet. Die enigste nadeel is die hangover wat die hele week aanhou. Sluk maar daai pynpille en breek ‘n CD van Duimpie se Maat, dit laat ‘n mens altyd beter voel.

Jy sit alweer vanoggend by die kantoor met die baas wat in jou ore grens. Ek en ‘n paar pelle het die afgelope naweek die pad Durbs toe geslaan en natuurlik is die musiek kliphard gepomp. Een van die bands wat herhaaldelik gefeature het was Pearl Jam. So raai wat? Ek is alweer Pearl Jam befok en dit sal seker so bly vir die volgende paar maande. Die musiek is heavy chill, presies soos ek daarvan hou en die brasse wat saam met Eddie Vedder sing is nie te versmaaie nie.

Geniet die video’s.

You may also like...

2 Responses

  1. Ant says:

    Pak die kar, ons gaan Mozam toe!

  2. Posduif says:

    Die kar is gepak, hoe laat ry ons?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *