Mexican Gold: Temporarily Out of Stock.

Kyk, daar’s maniere om dinge te doen, en dan is daar Mexikaanse maniere om dinge te doen. Hierdie klomp ouens verdien ‘n plek op die gevaaalik.com Hall of Fame, suiwer omdat hulle van die grootste ballas het.


In October 2010 het hulle besluit om 105ton (dis reg, 105,000kg) dagga te probeer smokkel oor die Amerikaanse grens. Dis nou totdat el Policia hulle lelik in die voet geskiet het. Dis die grootste bust in Mexikaanse geskiedenis, en die foto’s praat vir hulself!
Trokke vol saamgepersde dagga is gevind& gevolglik was die Greenthumb Brigade in 105ton se kak!

Ironies dat dit kort voor die wetshiersiening oor die gebruik van “medical marijuana” in die US of A gebeur het. Alhoewel dié groepie gevang is, is dit veilig om ‘n aanname te maak dat hierdie nie die enigste operasie was nie, en dat talle ander wel die riskante reise suksesvol voltooi.

Of dit nou via trokke, bote, vliegtuie of per voet deur tonnels onderdeur die grens vervoer word, die produkte sal eindelik hul logistieke weë na die eindverbruikers vind.

Vir die homeopate onder ons, moenie enige Mexican Gold in die nabye toekoms verwag nie..!

+peAce+

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *