Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

24Jun/111

MasterChef se MasterBullshit

Ja, sy tong is van kak gemaak.

Was jy ook onder die wanindruk dat MasterChef (en ander kak reality shows) moerse populêr is? Wel fokken dink weer.

MasterChef USA, Gordon Ramsay se brainchild (of moet ons sê asschild?), is uitgevang vir 'n groot kakke. Aangesien ons almal een of ander tyd in ons lewe aan 'n stront reality show blootgestel is, weet julle seker dat alle reality shows met oop oudisies baie materiaal van kronkelende toue deelnemers in hulle advertensies en introductions gebruik. Ongelukkig het dit nie so goed gegaan met die nuutste seisoen van Ramsay se kakpot nie, en daar het surprisingly nie soveel mense opgedaag wat hulself wil onderwerp aan Ramsay se vieslike bek nie.

Die resultaat was hierdie:

Kyk Ma! 'n Cyborg fokken clone van my!

Nadat 'n aantal eensame kykers van die program die digitale dubbelgangers opgemerk het, het die media vinnig die vervaardigers van MasterChef op die foon gekry. Met hulle hande op die stripper se fokken ass het hulle erken dat hulle mense gedupliseer het. Daarna het hulle verskoning gevra, en kykers verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.

En ten spyte van dit alles is dit nog steeds 'n kak show. Dit is egter goed om te weet dat die kak nie meer so populêr is nie. Vat so, Gordon jou vuilbek-asshole.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Groot gees by Innibos fees!
Kak Maandag
Blindelingse haat maak jou suur, Sunette Bridges

Posted by Joe

One comment on “MasterChef se MasterBullshit

  1. DeWet on said:

    Ek wil nog steeds weet hoe de fok het shoprite dit reggekry om hom te kry om vir hulle n advertensie te maak? Hoeveel geld het hulle hom betaal om n stuk boerewors in sy bek te sit en te maak of hy dit geniet. Manwhore.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers