Mass Hysteria – Comedy by jou ore uit

Suid-Afrika het eintlik ‘n fokken bedrwywige stad-up comedy scene. Ons het ‘n hele spul uitstekende comedians ook. Casper De Vries, John Vlismas, Mark Lottering is ‘n paar van die meer bekendes. Nou kry jy die kans om al drie die legends van comedy saam met so paar ekstra comedy legends te sien alles op een aand. Mass Hysteria is hier!

Dit is reg. Mass Hysteria is die comedy aand wat Casper De Vries, Nik Rabinowitz, Marc Lottering, Eugene Khoza, Ndumiso Lindi, John Vlismas, Tumi Morake aen Mark Banks almal saam op een stage gooi en jou gaan laat lag so hard jou nate gaan bars. Deur die loop van die aand sal elke comedian die stage vat en jou laat lag soos ‘n skool meisie wat die giggels het van dagga rook.

Dit is ook nie elke dag dat mens vir Casper De Vries sien optree in die formaat nie. Waar Casper gewoonlik die stage oorheers en dus vir homself moet hou gaan jy nou die kans kry om Casper te sien op ‘n stage saam met ander comedians, die ander kant van Casper. Vanaf 11 tot 14 Julie 2012 gaan Mass Hysteria by Montecasino se “The Teatro” wees en ek wil dit nie mis nie.

Jy kan kaartjies koop deur Computicket. Pryse is vanaf R160 tot R180 beskikbaar. Met ander woorde R20 om elke comedian te sien. Befok! Vir meer informasie kan jy loer na Mass Hysteria se Facebook page of jy kan hulle follow op Twitter by @masshysteriaSA.

So kry jou gestel reg vir lag. Ek gaan verseker daar wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"