Marilyn Manson – No Reflection

Op 5 Mei kom Marilyn Manson se nuwe album, Born Villain, uit. “No Reflection” is die eerste single van die nuwe album. Mason sê dat hierdie sy comeback album gaan wees. Ek vermoed hy gaan terugkeer na sy musiekstyl van voor Holywood en Antichrist Superstar.

Ek het nog altyd mense gehad wat my inspire, soos Hunters S. Thompson, Kevin Smith, Bill Hicks en George Carlin. Maar voor ek nog geweet het van enige van daardie ouens het ek al na Marilyn Manson se musiek geluister. Ek is opgewonde oor elke Marilyn Manson album wat uitkom. Al was die laaste twee albums nie so great nie het ek dit steeds geniet vir wat dit was. Noudat ek die video vir “No Reflection” gesien het en die song al so ‘n paar keer gehoor het, is ek nog meer opgewonde oor Born Villain as wat ek was toe ek sowat ‘n maand gelede gehoor het dit is oppad. Ek het klaar my pre-order in op iTunes vir die een.

Wat dink julle, gaan Marilyn Manson terug na sy gloriedae?

5 Responses

  1. Thanx but I think I’d rather eat my own vomit.

  2. Stix says:

    Good news for Marilyn Manson fans. For the Anti-Manson people it’s bad news. Luckily you don’t have to hear Marilyn Manson ever, unlike say Lady Gaga of The Black Eyed Peas.

  3. Joe says:

    Well, there is always the option of, um, say, simply not listening to Marilyn Manson then. It’s a bit less revolting than eating your own vomit, methinks.

    Just a thought, though. Don’t let me stop you if you’re really hard-up for some sick.

  4. Mighty Stassen says:

    Om nom nom nom!

  1. May 21, 2012

    […] "Born Villain" (click daar vir die video) is die eerste single vanaf die nuwe album en dit is 'n sterk leier vir die ander tracks om te volg. Veral tracks soos "The Gardener" laat my terug dink aan die ouer Marilyn Manson albums en hoe hy goed gedoen het pre-2001. "I'm not man enough to be human, but I'm trying to fit in and I'm learning to fake it" is die opening monologue van "The Garderner" maar die monologue word dan as deel van die chorus gebruik in die song. Ook die base line op die track is so solid soos 'n Krist Novoselic base line vanaf 'n Nirvana album. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"