Man vries penis af na advies van Eks van die Ooste Facebook groep

“Ek dink nie daardie mense van Eks van die Ooste verstaan hoe Google werk nie, en dus vra hulle vir raad van ander op ‘n Facebook groep. Net jammer die meeste mense op Facebook is so dom soos die ou wat nou sit met ‘n gevriesde penis. Meestal omdat hulle al hul informasie kry van opskrifte en comments lees op Facebook.”

Eks van die Ooste Facebook groep

So sê paramedikus Andre Helper. Helper was die eerste om by *Aftotter Visagie se huis op te daag gisteraand nadat ‘n buurman vir Visagie hoor gil het. Die buurman was te bang om self te gaan kyk of hy kan help, en het net dadelik die polisie en ambulaans gebel.

“Ek het eers gedink dit is ‘n dier. Tot ek gehoor het hoe Aftotter skree ‘Eina my piel’. Net daar het ek besef ons gaan hier met ‘n ander tipe dier te doen kry.” sê die buurman wat gevra het om anoniem te bly.

Visagie het sedert laasweek Donderdag ‘n ongemaklike situasie met sy geslagsdele gehad nadat hy sy family jewels wou onthaar met die gebruik van Veet. Die sensitiewe vel rondom Visagie se pork and two eggs was rou en het ligte chemiesebrande gehad. Te skaam om na die doktor te gaan, het Visagie gedraai na die Facebook groep Eks van die Ooste, ‘n gemeenskaps groep vir mense wat laer wil trek oor hulle almal aan ‘n sekere kant van een van Suid-Afrika se grootste stede bly.

Visagie se post wat sedertdien verwyder is, het binne enkele minute honderde comments gehad soos die advies van lede van Eks van die Ooste ingestroom het. Visagie se post het as volg gelees:

“Ek het die wors en eiers heeltemal te warm gemaak vir vroulief en ook te warm na my smaak. Ek het net so 2 minute voor my vrou tuis gaan wees. Hoe kan ek die wors en eiers blitsvinning afkoel?”

Een Eks van die Ooste lid het die blink idee gehad dat Visagie die “wors en eiers” in die vrieskas moet plaas vir so minuut. Visagie maak toe so en het die vrieskas se deur so naby aan toe gemaak as wat hy kon sonder om sy wors en eiers vas te knyp in die vrieskasdeur.

“Ek was nie bewus daarvan dat iets so vinnig kan vries nie. Ek neem aan dit is maar net nie ‘n baie…. uhm, groot hoeveelheid vleis gewees nie, en dus kon dit in minder as 2 minute yskoud en solied gevries word.”

Visagie se penis moes binne sekondes gevries gewees het, en toe sy vrou vroeg by die huis kom skrik hy so groot hy slaan die vrieskas deur perongeluk toe. Omdat Visagie se penis reeds stokstyf gevries was, het dit afgebreek van Visagie se lyf en agter gebly binne in die vrieskas. Dit is hier waar die geskree begin het.

Soos Visagie ingelaai word in die ambulans het hy ‘n coolerbox met sy gevriesde wors op sy bors. Het Visagie iets uit die situasie geleer? “Moet nie advies vat van mense wat nie eers weet hoe om Google te gebruik nie. Nou sit ek met ‘n voël wat net Gretha Wiid sal wil hê.”

*Aftotter Visagie is ‘n skuilnaam om die dekbeeldige man se identiteit te beskerm.

You may also like...

4 Responses

  1. Kiepie says:

    Whaaaaat

  1. June 1, 2017

    […] As jy advies volg van ‘n spul idiote op ‘n Facebook groep moet jy nie verbaas wees as jy… […]

  2. June 2, 2017

    […] Satire op sy beste waar ‘n ou sy penis af vries na hy advies volg vanaf ‘n Facebook groe…. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *