Kan ons maak of ons verewig kan lewe


Afrikaners, ons is inderdaad ‘n unieke nasie,van die snobistiese Sandton tannies tot die plat-op-die-aarde Daspoort Tonnel-skoonmakers druk ons ons stempel op een of ander manier af.

Sommige lede van die volk vergat en verkleineer ons met hul Bloubultruie en brandewyn wange terwyl ander die stryd veg teen die idee dat ons met elke oombik net meer common raak.

Die oorweldigende bewys van ons musiek kunstenaars met hul voorspelbare lirieke en die voorlopende tendens van drink en baklei doen die afrikaner beeld geen guns nie. Sommiges meen reeds dat ons as afrikaners so plat en platonies is dat ons die Vrystaat vlaktes soos n pronkende bergreeks laat lyk.

‘n Gemiddelde naweek van drank, rugby, baklei, swak maniere en menthol sigarette beklemtoon net weer die feit dat ons tevrede is met die gemiddelde en dat ons stagneer in ‘n generasie van vingerwys en skree. Wat eens gesien is as ‘n gevreesde nasie het gekrimp na n voorgestelde idee dat ons niks meer is as ’n liefdelose straatkind wat smeek na hulp soos Hitler in sy laaste oomblike nie.

Tog is daar steeds hoop, ‘n klein liggie wat deur die donker en negatiewe stigma rondom ons skyn, met die naam:

VanFokKingTasties
Die gevaaalike crew het soos normaal n verskoning gesoek om lekker te suip en kwaliteit local bands te kyk en daar is nie n beter plek om dit te doen as by ‘n VanFokKingTasties show nie. Hatfield was nou nie die perfekte venue nie, maar ek kan aan kakker plekke (soos bv. Nelspruit) dink so ons het die moeite gedoen en opgetrek na die event toe.
Kyk, ons het die bands al baie gesien so ons het geweet wat om te verwag. Wel so het ons gedink!

Die vibe het vroeg al geklop, die drank het gevloei, die atmosfeer het voorspel dat daar iets groots aan die kom is. My kop het gedraai en die aarde het teen dubbel sy spoed gewentel, Hatfield het begin resoneer soos n tronkwerf voor n rebellie…Dit het begin en al wat ek kon dink was “VanFokKingTasties is uiteindelik hier, HOU VAS”

Een na die ander het die bands die skare laat dans, ek moes myself (soos baie tevore) kort-kort herhinner dat dit local bands is. Die kwaliteit was van die beste wat ek nog beleef het op RSA grond. Die tyd het aangebreek vir Fokof om op te tree en ek was so excited soos n danser by n uitverkoping van Michael Jackson cd’s.

Francois het die skare aan sy vingerpunte gehad terwyl die res van die band veroorsaak het dat die mense hulself amper dood gedans het. Dit was duidelik dat Hatfield nuwe teels sal moet insit die volgende dag. Ek het op ‘n stadium gedink Francois is dalk ‘n karismatiese pastoor by een of ander kerk en die gehoor sy getroue gemeente. Al wat ek vir die res van die aand kon dink was “What a fucking show”. Ons was van voor af weer gebreinspoel met die “Fokof” boodskap en eks seker die res van Hatties het dieselfde gevoel.
Die bands het net weer bewys hoekom hulle so suksesvol is. Hard partying rockstars wat nie n noot of n beat mis nie en dit terwyl nie een musikant nugter is nie. Waar anders sal jy Pierre Greeff, Laudo, Hennie van Halen en die hele Fokof saam op een stage sien besig om “Skeinheilig” te sing? Net by VanFokKingTasties !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ons se altyd… “Klas kan jy nie koop nie” en die brasse het dit net weer bewys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"