Kan jy ons asb help?

Soms kan ek net nie ‘n foto laat verby gaan sonder om onophoudelik daarvoor te lag nie en dit dan natuurlik met die res van julle gevaaalike dansers te deel! Dis net my plesier.

Ek het op hierdie twee prag fotos afgekom op Beeld se website. Wat gaan deur hierdie mense se koppe? For fucksakes! Right, ek kort julle hulp asb.

Vraag 1: Wie is die bruid in die foto?

Vraag 2: Waar begin en eindig die vrou se rok? Het sy ooit ‘n rok aan of is alles net deel van die tuin?

Ek weet wat jy dink en ek gaan dit nie hardop herhaal hier nie. Al wat ek kan sê is “ek lees jou soos ‘n kinderboek”. Dis hierdie tiepe mense wat Boer soek ‘n vrou, Bobby van Jaarsveld ens. suksesvol maak. Ek hoop nie dis een van julle se vrouens nie want dan gaan ek vir jou ook lag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"