KakFunny Sessions 21 Maart by Arcade Empire

Die maand se KakFunny Sessions by Arcade Empire belowe om een van die bestes sover te wees. Die KakFunny Sessions raak al hoe meer populêr. Die week kan jy vir Loyiso Gola, Simmi Aref, Trevor Gumbi en Ndumiso Lindi te sien kry. Ek vat weer die stage vir ‘n vyf minuut set, so as jy my eerste optrede by Cafe Barcelona gemis het, kom maak gerus Woensdag ‘n draai by Arcade Empire.

Die comedy industry in Suid-Afrika is besig om al hoe meer populêr te word. Daar is baie meer up and coming comedians as wat daar ‘n jaar terug was. Een rede is beslis oor mense meer na comedy shows gaan kyk. Sonder ‘n crowd is daar nie stand-up comedy nie en net soos live musiek word die comedy gehore al hoe groter. Comedy Central is ook besig om ‘n beduidende verskil te maak.

Kom support die local comedy scene by die KakFunny Sessions 21 Maart. Dit begin 20:00 en R50 kry jou by die deur in. Dit is mos lekker om te lag, so kom maak ‘n draai. Vir meer info loer gerus na die Facebook Event page.

KaKFunny Sessions 21 Maart 2013

2 Responses

  1. Vonkie says:

    Het dit gaan kyk. Hou maar by jou dayjob.

  1. March 20, 2013

    […] jy more aand iets soek om te doen, kom gerus na die die KakFunny Sessions by Arcade Empire. Ek vat ook die stage vir 'n set. Dit gaan lekker […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"