Jou kommin kar

Kom ons praat gou oor karre. Meer spesifiek wat maak jou kar kommin. Wel eintlik werk dit so, as jou kar kommin is, is dit omdat jy n kommin fok is wat jou kar self kommin gemaak het. Karre kom nie kommin uit die fabriek uit nie. Eintlik is daar een kar wat kommin uit die fariek kom, ‘n blou Subaru Impreza met goue mags, kyk daai is doos kommin. As jy so outjie ry is jy nie net kommin nie, jy sit tien teen een met ‘n baie klein piel tussen jou bene.

As jy ‘n Blou Bul of enige ander rugby span se sticker op jou kar geplak het is jy kommin, daardie dronk oomies wat vir jou se dit is cool as hulle jou kar by Loftus sien, wel vat die kompliment van wie hy kom, ‘n ou wat tien teen een meer kommin is as jy. As jy blou ballas aan jou kar het is daar nie hulp vir jou nie. Jy is ‘n lost cause ou grote. Jy is so poes kommin jy kan maar jou aftree huis in Danville koop, dit is al waar jy eendag gaan in pas.

Die enigste mags wat cool lyk op jou kar is die wat op hom was toe jy hom gekoop het. As jy ‘n kommin doos is het jy ander kommin mags op jou kar gaan sit na dat jy hom gekoop het. As jy ‘n secondhand skedonk ry wat jy gekoop het met kommin mags is jy verskoon, moet nou net nie gaan en die goed af haal en ander mags op sit wat jy dink beter lyk nie. Die nuwes lyk net so kak.

Harder sound, (so hard dat die mense langs jou by die verkeerslig dit kan hoor al is jou kar se vensters en hulle eie kar se vensters toe) is nie cool nie. Dit is fokken lame. Veral as jy jou “Sokkie Treffers”, “Monster Hits” of “Bump 100” CD kliphard speel. Al die mense wat vir jou kyk, kyk nie oor hulle dink jy is befok nie. Hulle kyk vir jou oor hulle dink jy is ‘n kommin poes. So haal uit daardie masiewe sub wat jy agter in jou boot het, die ding gaan nie maak dat meer girls jou wil broeknai op die backseat nie. Eintlik gaan dit net die teenoorgestelde doen en al wie jy gaan broeknai agter op die seat is miskien jou niggie wat net so kommin is soos jy.

‘n Lekker vet muffler, dit is nou daardie stuk aluminium pyp wat jy oor jou exhaust vas gepoprivet het, dit maak nie jou kar lyk of klink asof hy uit “The Fast and the Furious” kom nie. Dit laat jou klink soos ‘n doos wat aandag soek, as jy jou kar so rev en die skoolkinders kyk vir jou terwyl jy voor die skool verby ry is dit omdat die onnies hulle vertel het jy is ‘n goeie voorbeeld van hoe onopgevoede konte uitdraai. Haal daardie muffler af of dit mag dalk die laaste muff wees wat jy in jou hele lewe sien, behalwe natuurlik jou kommin niggie sin. Sies man!

Personalized number plates is fokken kommin. Veral as dit iets soos “Bokkie GP” “Boertjie GP” “Boeta GP” of “Yster GP” is. Om maar net ‘n paar te noem. Jy gaan sukkel om ‘n nommerplaat te personalize en nie soos ‘n kommin fok te lyk nie. Mense dink nie dit is oulik as daar “Mamma GP” agter op die Pajero staan nie. Mense lag vir “BlouBloed GP” ja, maar hulle lag vir jou, nie saam met jou nie.

Die lys gaan aan en ek kan nog ure spandeur om julle te vertel wat fokken kommin is, soos tinted vensters, stuurwiel covers en fluffy dice (of enige ding  for that matter) wat van jou kar se rearview mirror af hang. Maar ek dink julle kry die punt. As jy ‘n kommin kar, kommin nommerplaat of sommer net ‘n kommin mens sien, neem ‘n foto en stuur die foto vir ons. Dan kan ons almal saam lag vir die doos. Tot volgende keer.

1 Response

  1. Boomstomp says:

    Wat se jy my Bras….

    Lekker om weer terug te wees op julle site dis poes koes…… Ek het n voorstel, dink jy moet Witbank toe gaan om bietjie Kommin dose daar af te neem. Want as jy nog nie daar was nie weet jy nie wats kommin nie. Kom ons neem n paar kiekies daar en wys vir al die normale mense hoe lyk kommin.

    Witbank se groud rule is: as jy nie n dropped suspension het wat soos n trek tor klink ry nie, dan beskou die mense jou as Kommin. Ek dink kom ons wys die mense nou eintlik wat is kommin……….
    In Witbank is dit nou al so Kommin hulle draai hulle woorde om, ‘n bottel Brandwyn is nie meer brandewyn nie dis nou n PYP, 6 klippies en cola is 6 Pille en jou pelle noem jou nie meer op jou naam nie maar se:(Hallo jou spy).

    So Stix wat se jy moet ons daaraan doen? Eks nou al mooi gatvol vir al die kommin goed in Witbank, dink dit is tyd dat ons hulle n les of twee leer….

    Oor en uit…..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"