Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Joseph Arthur laat jou hart huil

Baie min van julle gaan vir Joseph Arthur ken. Hy is reeds ‘n hele paar jaar in die musiekbedryf, maar sy musiek is non-commercial. Nie elke bra gaan daarvan hou nie en daar is ook nie ‘n in-between nie. Jy gaan hom of like of haat.

Sy musiek verskyn baie in flieks en hy is dikwels te hoor op David Letterman se Late Show. Ek het Arthur kort voor Desember weer sien perform en ek is dadelik weer gehipnotiseer. Hierdie song is fokken goed. Die woorde, die musiek en veral die bassist (ek probeer nog uitvind wie sy is) is alles uitstekend.

Arthur se nuutste album, Redemption City, is ‘n goeie voorbeeld van die musiekgenre waarin dié musikant hom bevind. Hier is ‘n paar sinne uit sy nuwe single “Travel as equals”:

You can’t be in greater comfort as my pain prevents your fall
The truth will come and tell us brother
We travel as equals or not at all

You might have a greater income
You might be dumb and dull
I will never leave you
We travel as equals or not at all

Hy laat my nogal dink aan Bob Dylan in sy jonger dae. Mens kan sien die man sing met baie gevoel en hy is waarlik iemand wat glo in sy musiek.

Check die video hieronder. As jy dit like, gaan check gerus op www.josepharthur.com. Jy kan sy nuwe album verniet daar download. Donate ook ‘n paar pitte as jy dink sy werk is dit werd.

Dis naweek, so pomp die tune en sit agteroor. Laat jou knieë jou lei.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *