Jaded Ink Vrydag Bederf is beter as Rugby

Ek het so paar voorstelle vandag. Die Jaded Ink Vrydag Bederf is nie altyd net oor boobs nie, soms leer ons julle ook iets. Vandag gaan ons bietjie kyk na rugby. Natuurlik nie op die manier wat Boot & All daarna kyk nie, hoe ken julle my?

Daar was nog geen Springbok afrigter in die geskiedenis van rugby wat na jou gegrens om ‘n braai geluister het oor sy slegte span keuses of sy game plan nie. Ek weet iemand het dit al vir jou gesê, maar die afrigter kan jou nie hoor nie. Heineke Meyer lees ook nie jou Facebook status update nie. Jy kan dus jou “Facebook Springbok Coach Klasse” kommentaar vir jouself hou.

As dit jou regtig so kwaad maak dat jy voel jy moet die wêreld daarvan vertel moet jy jouself een vraag vra: “Hoekom kyk ek rugby?”. As die antwoord is: “Sodat ek iets het om te sê om die vuur as my vrou my forseer om te braai saam met mense wat ek nie ken nie.”, dan stel ek voor jy praat met jou vrou oor haar keuse van vriende en ek stel voor jy lees ‘n boek of twee oor iets anders as sport.

Of jy kan soos ek maak. Kyk nie rugby nie. Lees net The Bounce elke nou en dan. Op die manier as jou lewe daarvan afhang kan jy maak of jy iets van rugby weet. Of jy kan die onderwerp net altyd verander deur te sê: “Kom ons praat eerder oor hoe hot Andre se vrou lyk vandag!”. Guaranteed om die party dadelik baie meer opwindend te maak.

Geniet die week se Vrydag Bederf. Party hard!

1 Response

  1. TANK says:

    wat pomp julle jis die bederfie is al te oulik sal hulle sweets gee

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"