Josh Homme, Trent Reznor, Dave Grohl en Lindsey Buckingham vat saam die stage by 2014 Grammy Awards
Trent Reznor (Nine Inch Nails, How to Destroy Angels), Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss), Dave Grohl (Foo Fighters, Norvana) en spesiale gas Lindsey Buckingham (Fleetwood Mac) gaan die closing performance doen by die 56th Grammy Awards. Grammy executive producer Ken Ehrlich het die volgende te sê gehad oor die optrede:
There’s nothing better than when the Grammys can rock out, and to have these artists all together on one stage, doing a number that, when they presented it to us, knocked us out, is going to turn out to be one of those Grammy moments that people talk about for a long time. Long live Trent, Josh, Dave and Lindsey and these great bands!
So ver ek verstaan gaan Queens of the Stone Age, Nine Inch Nails, Dave Grohl en Lindsey Buckingham saam die stage vat vir die closing performance. Dit sal die eerste keer wees wat Queens of the Stone Age en Nine Inch Nails optree by die Grammy Awards. Dave Grohl wat al 13 Grammy Awards gewen het oor die jare is natuurlik geen vreemdeling aan die awards show nie. Grohl is ook die wat die spul bands saam trek want hy het al gewerk saam met Nine Inch Nails op die With Teeth album en was ook agter die dromme vir Queens of the Stone Age se Songs for the Deaf. Lindsey Buckingham het ook gehelp op die Nine Inch Nails album Hesitation Marks en natuurlik is die Fleetwood Mac self titled album ge-record by Sound City, die studio waaroor Grohl onlangs ‘n documentary gemaak het.
Dave Grohl word die jaar vir 2 Grammy Awards genomineer: Best Rock Song vir “Cut Me Some Slack” en Best Compilation Soundtrack for Visual Media vir Sound City se Soundtrack. Queens of the Stone Age is ook genomineer vir 2 awards: Best Rock album vir …Like Clockwork (kry defnitief my vote) en Best Rock Performance vir “My God is the Sun“. Nine Inch Nails wat al twee Grammys gewen het word ook genominate vir die album Hesitation Marks as Best Alternative Music Album.
Ek is nie ‘n groot fan van award shows nie, maar sal die een graag wil sien net vir die optrede aan die einde deur die great groep musikante. Hou maar gevaaalik.com dop vir die video van die optrede sodra hy beskikbaar is. Hier onder is die video van Grohl, Homme en Reznor wat saam ‘n song gedoen het vir die soundtrack van die documentary Sound City.