gevaaalik.com Podcast Live by Aandklas

Ons dreig al vir maande. Persoonlik dreig ek al vir amper 2 jaar om ‘m live podcast te doen. Die dag het aangebreek. gevaaalik.com gaan live op 11 November by Aandklas in Hatfield. Die beste manier om te besktyf hoe die aand gaan verloop is dat dit soos “Maak ‘n Las” (Jy weet, Tolla se show) gaan wees vir ‘n Fokofpolisiekar generasie.

gevaaalik.com live podcast

Die van julle wat die gevaaalik.com podcast luister sal weet dat daar soms vreemde onderwerpe opkom in die gesprek, en ons lag ook lekker. So kom lag saam en wees deel van die gevaaalik.com podcast. Dit gaan jou fokol kos, want ons charge julle niks om deel te wees van die aksie nie. Ons gaan seker ‘n “Questions and Answers” ding ook try in werk, en ons gaan so paar pryse hê om weg te gee. So paar gevaaalik.com t-shirts en bietjie drank of wat.

Wat beter het jy om te doen op ‘n Maandag aand? Niks. So gaan sommer nou an die gevaaalik.com Live Podcast Facebook event en RSVP dat jy ons gaan join. Sien julle daar.

You may also like...

5 Responses

  1. pisgesig says:

    Ek lees julle charge nie entrance nie, maar ek wonder, word julle betaal hiervoor deur Aandklas? Indien wel moet dit die sweetste gig ooit wees. Ek kan die headline voor my geestigsoog sien : Gevaaalik.com praat kak vir zak!

  2. Danielle says:

    Een van die min Vrydae in my lewe wat ek eerlikwaar kan se ek sien uit na Maandag! Gaan groot wees julle!
    PS. Nice poster 😉

  1. November 6, 2013

    […] Die week se Stoute Boudjies het 'n belaglike title en dit word weereens aan jou gebring deur @clownpooop. So gaan sê maar vir haar dankie op die Twitter-masjien. In ander nuus: Het jy gehoor gevaaalik.com gaan ons eerste live podcast doen? Jy kan gaan loer na die vir al die info: gevaaalik.com Podcast Live by Aandklas in Hatfield. […]

  2. November 8, 2013

    […] Dan moet ek julle weer vertel van die gevaaalik.com Podcast Live wat komende Maandag gebeur by Aandklas in Hatfield. Ek gaan t-shrits weg gee op die aand en ons gaan ook 'n live podcast doen. Gaan na die gevaaalik.com Live Podcast Facebook event en los 'n vraag op die wall. As jy die aand daar is en ons het jou vraag gekies wen jy 'n t-shirt. Maklik genoeg. As jy meer info wil hê oor die eerste Live Podcast recording wat in SA gebeur (sofer ons weet) kan jy hier gaan lees: gevaaalik.com Live Podcast recording. […]

  3. November 11, 2013

    […] van die live podcast recording wat vanaand gebeur by Aandklas in Hatfield. Vir al die info kan jy hier gaan loer. Wat ek jou wel kan sê is dat jy 'n kans gaan hê om vanaand 'n R1000 tattoo voucher te […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *