gevaaalik.com Mantality.co.za Wishlist

Chillsner Ingenius Beer Chiller

Suid-Afrika is ‘n baie cool land om te bly. Die weer hier is ongelooflik, so ongelooflik dat dit soms ‘n bietjie te warm raak. Oor dit so warm raak is bier baie populêr in Suid-Afrika as ‘n manier om bietjie af te koel na ‘n lang dag op kantoor. Ongelukkig word dit ook soms so warm jou bier word warm, en dit suig want warm bier is nie lekker nie.

Chillsner by Coeckcicle

Die Chillsner Beer Chiller is dus baie handing veral in ‘n land soos Suid-Afrika waar warm bier jou dag kan spoil. Die Chillsner pas in meeste bier bottels wat langer is as 22cm. Al wat jy doen is haal jou Chillsner uit die vrieskas, sit hom in jou bier en jy sal ‘n yskoue slukkie bier hê elke keer as jy ‘n slukkie vat. So kry vir jou die dubbel pack en maak seker een is heeltyd in die vrieskas. Die Chillsner word uit stainless steel gemaak en is dishwasher safe. R350 is ‘n goedkoop prys om te betaal vir lewenslange koue bier.

Koop jou Chillsner 2 pack hier.

Bad Mother Fucker Wallet

Beursies is oor die algemeen maar redelik verveelig. In die cult classic fliek Pulp Fiction het Jules Winnfield (Samuel L. Jackson se karakter) ‘n baie cool beursie. ‘n Bruin leer beursie impressed met die woorde “Bad Mother Fucker” op. Ek hoef nie aan jou te verduidelik hoekom die ‘n cool beursie is om te hê nie.

Bad Mother Fucker Wallet

Ek dink dit is tyd dat jy bietjie nuwe beursie kry. Daardie Billabong/Quicksilver/John Deer beursie van jou is soos iets waarmee ‘n matriek ou sal rondloop. Die Bad Mother Fucker Wallet is regte leer, dus moes iets dood gaan vir dit om gemaak te word, instant street cred. Dit sal mense ook laat dink jy weet meer van flieks as wat jy eintlik doen as jy hulle vertel dit is die selfde beursie as wat Samuel L. Jackson gehad het in Pulp Fiction. En teen R295 is hy goedkoper as meeste regte leer beursies.

Koop jou Bad Mother Fucker Wallet hier.

Veho™ SAEM Bluetooth Car Kit

Kom ons wees gou eerlik met mekaar. As jy op jou selfoon praat terwyl jy bestuur, sonder ‘n hands free kit, dan is jy ‘n doos wat nie net jou eie lewe in gevaar sit nie, maar ook die mense om jou. Maar wat is jou alternatief? Nie almal kan ‘n Merc met ‘n Bluetooth system bekostig nie, en die laaste ding wat jy wil doen is rond ry met een van daardie Bluetooth headsets, want dan lyk jy soos ‘n prik.

Veho SAEM Bluetooth handsfree

Kry vir jou die SAEM Bluetooth Car Kit van Veho. Hy is baie goedkoper as wat ‘n nuwe kar is en dit clip maklik genoeg vas aan jou sun-visor in jou kar. Die kit (Ha! Kit soos die kar in Night Rider) is ook slim, hy tel beweging in jou kar op, so sal net aan wees as jy in die kar is. As jy eers jou foon opgestel het sal alle oproepe automaties deur jou Bluetooth car kit kom. Dus lyk jy nie soos ‘n drol met ‘n Bluetooth headset nie, en jy is nie ‘n gevaar op die pad nie. Wen wen vir net R899.

Koop jou SAEM Bluetooth Car Kit hier.

As jy enige van die links op gevaaalik.com gebruik om iets by Mantality te koop, dan kry ons so paar cent. En op daardie manier ondersteun jy ons. So dankie vir die van julle wat dit doen.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *