Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

28Jun/122

Francois van Coke – Maniac acoustic

Amper 'n jaar terug het Robbies, Ant en ek die pad geslaan Bronkies toe nadat Francois van Coke vir Robbies gebel het en gesê het ons moet 'n draai kom maak by sy accoustic show. Ons het daar gekom en Francois was besig om sy soundcheck te doen. Ons het 'n tafel reg langs die stage gekry.

Toe Francois klaar is met sy soundcheck het hy vir ons elkeen 'n bier en 'n shot Jager gebring en ons het aan die kuier geraak. So rukkie later het Francois homself verskoon om sy show te gaan doen. Die goeie tunes het gevloei saam met die drank en ons het weereens gesien hoekom Francois een van Suid-Afrika se beste front men is. Ons het die video van hom gevang toe hy "Maniac" gedoen het. Dit was befok om te sien hoe hy met die crowd chat so tussen die song deur.

Daar was baie cool musiek, daar was baie drank en dit was 'n awesome aand. Verskoon die kamerra wat soms skud. Ons tripod was die tafel en die tafel het soms vanself beweeg.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Kak is kak, in Engels en Afrikaans
Jack Parow ft. EJ Von Lyrik - "Ons Behoort Mos Saam"
Deon Esterhuizen - My Meisiekind

Posted by Ruan Stix Fourie

3 comments on “Francois van Coke – Maniac acoustic

  1. Stephan on said:

    was julle ook die aand daar? ons het daar reg voor die stage gesit..

  2. Stephan on said:

    ignore! ek sien hierdie was jaar terug sin, ons was by nou die dag sin

  3. Pingback: Van Coke Kartel - Buitekant II | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers