Far Cry 5 is presies wat ek soek van ‘n Far Cry game
Ek weet dit is nie wat baie mense wil hoor nie. Die haters staan in rye om redes te gee hoekom hulle Far Cry 5 haat. Wel, ek het slegte nuus vir al die grensgatte: Far Cry 5 is befok!
Die nuutse titel in die Far Cry heelal vat nie net die franchise na ‘n nuwe level met die ‘n game vol co-op, jag, fangs for hire, guns for hire, jag en selfs ‘n pyl en boog as dit jou tipe wapen is.
Speel Far Cry 5 soos jy wil
Een van die goed wat ek nog altyd die meeste geniet van Far Cry games is die feit dat die FPS sandbox game jou laat speel soos jy wil. Ek hou daarvan om stealthy te wees, my tyd te vat en te probeer om soveel skade as moontlik aan te rig sonder dat iemand weet waar ek is of dat ek besig is om sy cult tjommies te vermoor reg onder sy neus. Dus sal jy my baie sien rond sluip met pyl en boog in die hand of ‘n geweer met ‘n suppressor op, besig om cult member een vir een stilletjies te vermoor.
Die lewe in die Midwestern Amerika met ‘n cult
John Seed is die leier van die cult “The Project at Eden’s Gate” en hulle beheer Hope County. Hope County is die fiktiewe area waarin Far Cry 5 afspeel. Die cult beheer tans die area en jou werk is om saam met die resistance te probeer om Hope County te verlos van John Seed en sy familie se greep. Die wêreld waarin Far Cry 5 afspeel is pragtig en die graphics is ongelooflik. Ek het nog altyd ‘n bietjie van ‘n obsessie met Midwestern Amerika, met die woude, die groot skoon damme en sneeu bedekde pieke. In Far Cry 5 voel dit asof ek daar is, en dit veroorsaak dat ek net nog meer na daardie area in Noord-Amerika wil gaan.
Daar is wolwe, bere, cougars, elk, moose en deer. Jy kan al hierdie diere jag en die velle verkoop om geld te kry vir beter wapens en ammunisie. En glo my, daar is ‘n lekker groot verskeidenheid wapens om van te kies, so jy gaan die geld wil maak. Jy kan selfs visvang en die vis verkoop ook as jy wil. Jy kan weapons craft met items wat jy bymekaar maak terwyl jy deur Hope County beweeg en ook homeopathic goed craft om jou seker vermoëns te gee. Dit gee ‘n lekker diepte aan die game, en dit is lekker om elke nou en dan ‘n breek te vat van die normale cult members jag, om eerder saam jou hond bietjie dier te jag of vis te vang by die stroompie.
Far Cry 5 is wat jy verwag en meer
Vir die eerste keer kan jy co-op speel in Far Cry. Ek het al talle ure spandeer in Hope County saam met vriende en Far Cry 5 raak net meer fun as jy dit saam met vriende kan speel. Ongelukkig kan jy net die story co-op saam met een ander vriend en ek sou graag ‘n groep van 4 wou bymekaar sit en dan die chaos laat afspeel. Nie net is dit pret om op jou eie die campaign deur te speel nie, maar nou kan jy dit saam met vriende ook doen.
Far Cry 5 Arcade
Far Cry 5 se Arcade mode is basies ‘n map creator waar jy maps kan speel wat mense gemaak het. Ja, selfs met die tools is ‘n map/game maak in Arcade nie iets wat almal gaan kan doen nie, en van die Arcade maps is beter as ander. Dit is wel ‘n nice manier om die game interesant te hou selfs wanner jy klaar is met die campaign. Ek gaan eerlik wees en jou nou sê dat ek nog nie aan Arcade geraak het nie. Ek het nou al sowat 30 ure in die campaign in gesit en het seker tenminste nog 30 ure oor om te gaan. Ek is nog nie naby klaar met die storie nie en daar is genoeg side missions om my vir nog baie lank besig te hou. Tog sal ek eendag miskien bietjie in Arcade in klim vir so bietjie multiplayer aksie.
As jy al ooit ‘n fan was van enige van die Far Cry games, sal jy tien teen een van Far Cry 5 ook hou. Ek stel voor jy kry dit want ek het self al ure se genot daaruit gekry.
Dude, die game se storielyn is perfek en die timing is PERFEK!
Gaan n console koop sodat ek dit kan kry.
@Jaco: Yeah, dit raak aan so hele paar issues wat tans afspeel. Interesting.
grafies lyk helse mooi.