Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

14May/120

Eagles of Death Metal – I Want You So Hard

Eagles of Death Metal se naam kan misleidend wees. Aangesien hulle nie 'n Death Metal band is nie. Hulle is eintlik net 'n rock band. Toe Josh Homme (van Queens of the Stone Age, Kyuss en Them Crooked Vultures fame) gevra is om Eagles of Death Metal se sound te beskryf, het hy die volgende te sê gehad:

"Bluegrass slide guitar mixed with stripper drum beats and Canned Heat vocals."

Die band is in 1998 aanmekaar gesit deur Josh Homme en Jesse Hughes (Jesse Hughes is die vocalist). Homme is op die tromme, maar toer net saam met die band as hy tyd het. Na die sukses van Queens of the Stone Age het dit moeilik geraak vir Homme om in albei bands te speel. Maar hy sê wel dat Eagles of Death Metal nie vir hom 'n side project is nie, hy is net in twee bands. Die band het nie juis vaste lede nie en gebruik klomp musical contributors wat meestal bestaan uit Hughes en Homme se musician vriende.

Hier is "I Want You So Hard" van die album Death by Sexy af. As jy 'n fan is van Queens of the Stone Age of Kyuss is Eagles of Death Metal beslis 'n band vir jou. In die video kan jy ook 'n hele paar van die mense sien saam met wie Homme en Hughes op 'n gereelde basis werk.


by Stix

Soortgelyke gevaaalikhede:

Ons bied aan: Berill von Amburg!
Skrillex & Damian Marley - Make It Bun Dem
RAMfest Johannesburg 2013: In video

Posted by Ruan Stix Fourie

2 comments on “Eagles of Death Metal – I Want You So Hard

  1. Pingback: Queens Of The Stone Age - Go With The Flow | Gevaaalik.com

  2. Pingback: Eagles of Death Metal by Oppikoppi Sweet/Thing | Gevaaalik.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers