Django Unchained Trailer
Quentin Tarantino is bekend vir goeie flieks. Wie kan Pulp Fiction of Inglorius Bastards vergeet? Tarantino se nuwe fliek, Django Unchained, lyk in die trailer of dit ook een van my gunstelinge gaan wees. Django (Jamie Foxx) is ‘n slaaf wat sy vryheid kry en saam met ‘n Duitse bounty hunter (Christoph Waltz) begin werk opsoek na sy vrou wat ‘n slaaf is op ‘n plantasie. Leonardo DiCaprio vertolk die rol van die plantasie-eienaar. Ek is opgewonde oor hierdie een.