Die Heuwels Fantasties in PTA botaniese tuin

Die Heuwels Fantasties gaan op 31 Julie ‘n rocking show gee in die nasionale botaniese tuin in Pretoria as deel van Music in the Gardens.

Kaartjies deur www.ticketbreak.co.za kos vooraf R80 tot R90, en as jy dit die dag by die tuin koop sal dit jou ‘n ekstra 20 pitte uit die sak jaag (R100).

As jy ‘n jong moeder of vader is en jou kids wil saamvat, is dit free vir dié van hulle wat jonger as 13 is. As hulle ouer is, betaal hulle dieselfde as jy (en het jy te vroeg begin rondpomp).

Daar is ‘n restaurant, maar jy kan ook ‘n kombers en piekniekmandjie met jou eie verversings bring.

Die hekke maak om 12:00 oop en die show begin om 15:00.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *