Die Axe-advertensie wat verban is
Axe is bekend vir hulle clever advertensies. Hulle is ook bekend vir die gevaaalike dames wat in hulle advertensies verskyn. Blykbaar te clever en sexy vir sommige mense. Die Axe-advertensie hieronder mag nie meer op die TV in Suid-Afrika gewys word nie. Gelukkig kan mens dit nog op YouTube kry – en natuurlik op gevaaalik.com.
En voor jy dit kyk: Het jy al vir gevaaalik.com gaan stem in die SA Blog Awards 2011?
Hulle het hier ad gisteraand dan op TV gewys
julle ouens moet bietjie wakker slaap asb, ek vertrou op julle om vir my die waarheid te vertel.
met liefde en baie wardeuring vir wat julle doen
Teddybear
Jammer ons kan nie elke fokken sekonde van elke fokken dag elke fokken televisiekanaal in Suid-Afrika dophou nie. Anders sou ons seker kon sien as iemand die beslissing van die Advertising Standards Authority verontagsaam het en die Axe-advertensie gewys het.