Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

29Feb/121

Clarise – Suid-Afrika se Rebecca Black

As jy sensitief is vir kak musiek, kak production value en kak oor die algemeen moet nie die video onder aan die artikel kyk nie. Ek het nie veel details oor die dame in die video nie. Al wat ek julle kan sê is hoe dit vir my voorkom, so here goes.

Clarise is 'n jong tienerdogter. Dit lyk of Clarise se ouers te veel geld het. Hulle het toe vir Clarise gesê sy kan haar eie musiekvideo maak. Die groot probleem hier is dat Clarise se ouers vir haar gesê het sy kan word net wat sy wil as sy groot is, ongelukkig is 'n popstar nie een van die goed wat Clarise kan word nie. Plaas het hulle bietjie minder geld op hulle fancy Porsche Cayenne spandeer en darem Clarise se stem laat Autotune. Haar ouers moet net nie dink dat hulle nou klaar betaal het vir die video nie, want sodra Clarise die comments lees gaan daar nog 'n groot rekening van die sielkundige na hulle kant toe kom.

Hierdie video het ek oorspronklik op sharmanator.com gesien. Dankie aan Mike Sharman wat die juweel ontdek het en gedeel het met die wêreld.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Covers wat jy nooit sou verwag deur hierdie Legends nie!
Honey Honey - Back to You
Natasha - Boe ba bokkie

Posted by Ruan Stix Fourie

Filed under: Grappe, Video Leave a comment

4 comments on “Clarise – Suid-Afrika se Rebecca Black

  1. DieMBeen on said:

    Die M-Been ondersteun nie hierdie boodskap nie.

  2. Pingback: Jenna Rose, popster in die skadu van Rebecca Black | Gevaaalik.com

  3. Pingback: Gnesa laat jou ore bloei | Gevaaalik.com

  4. Pingback: Gnesa laat jou ore bloei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers