Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

5Jul/120

Bloc Party by Rocking the Daisies

Bloc Party kom die jaar by Rocking the Daisies speel. Die is inderdaad 'n goeie jaar vir SA musiek lovers, nie net kry ons al die international acts van Oppikoppi nie maar ook nou sommer Bloc Party by Rocking the Daisies.

Ek het Bloc Party jare terug ontdek toe ek nog in Londen gebly het. Dit is moeilik om hulle musiek te beskryf, indie rock is seker die beste genre om hulle in te probeer pas. Kom ek stel dit so: As jy dink Justin Bieber is befok en jy luister na Kakeranda FM gaan jy tien teen nie so baie van Bloc Party hou nie. Dit is nie jou skuld nie, dit is jou musiek smaak se skuld.

"The Prayer" is seker Bloc Party se bekendste song. "The Prayer" kom van hulle tweede album, Weekend in the City, af. Bloc Party het al by die Reading en Leeds Festival in die UK gespeel. As dit jou nogsteeds nie oortuig het nie kyk net die video vir "The Prayer" hier onder.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Die Antwoord - I Fink U Freeky Video
Muse - The 2nd Law review
Deon Esterhuizen - My Meisiekind

Posted by Ruan Stix Fourie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers