gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

15Jan/1313

Beste Stan Polson

Ons kry elke nou en dan so bietjie hate mail. Soos Linton Marx so paar maande terug. Die hate mail kom in verskillende vorms; tweets, Facebook boodskappe of comments en ook as e-mail.

Dit is snaaks om te dink dat ons ramblings party mense so opgewerk kan laat word dat hulle tyd uit hulle dag vat om ons te vertel hoe ontsteld ons hulle gemaak het. Stan Polson het ook die tyd uit sy dag gevat om op ons Facebook wall te post, dus het ek gedink dit is net regverdig van my om tyd uit my dag te vat om te reageer op Stan se gegrens. Hier is wat Stan te sê gehad het.

Update: Stan het intussen begin reageer op ons Facebook page.

Nog 'n update: Stan het intussen sy comment op die gevaaalik.com Facebook page gaan delete. Dit is nou duidelik dat dit net 'n aandagsoekery was van sy kant af. Sy ouers het hom seker afgeskeep as kind. Jy kan sy Facebook page hier kry. Of miskien het Stan net sy naam en van geGoogle en toe sien hy wat sy manewales veroorsaak.

Stan Polson South Afrika

Beste Stan,

Baie dankie vir jou besoek aan gevaaalik.com en meer spesifiek die Innibos 2011 stukkie. Jou boodskap aan ons was relatief kort en tot die punt, maar ek is 'n gawe ou so ek sal op elke fyner punt van jou boodskap reageer. Ek reageer sommer hier op gevaaalik.com in 'n ope brief.

Het jou artkel oor 2011 Innibos gelees.

- Ek neem aan jy verwys na Posduif, aangesien hy die een is wat die artikel geskryf het. Ek is bly jy kan lees. Ek is minder beïndruk met jou maniere. As jy iemand nie ken nie en jy maak kontak met die persoon per e-pos of Facebook boodskap, is dit net goeie maniere om die persoon op sy naam te noem, Stan.

Ek dink jy's n idioot.

- The feeling is nothing but mutual, ou perd.

Wanneer laas het jou ma jou pakslae gegee?

- As ek so kyk na jou tekort aan maniere, sou ek reken dat ek meer onlangs pakslae gekry het as jy, Stan.

Sies man-die manier waarop jy praat wys jou opvoeding en dan kan jy ook nie spel nie....shame.

- Posduif het nie gepraat nie, hy het geskryf. 'n Ellips het net 3 punte nie vier nie en ek verstaan ook nie waarom gebruik jy 'n koppelteken daar nie. Mens sit 'n spasie na 'n punt en voor die begin van 'n nuwe sin. O, en die woordorde van jou eerste sin. Kom ons sê maar eerder net daar is 'n balk in jou oog.

Ek voel jammer vir jou.

- Moenie. Ons voel fokol vir jou.

Baie groete,

Stix en die hele gevaaalik.com crew

 

Soortgelyke gevaaalikhede:

Die Antwoord - Fatty Boom Boom
Bill Burr vertel hoekom Yoko Ono suig
Stoute BOUDE!

Posted by Ruan Stix Fourie

Tagged as: Leave a comment
Comments (13) Trackbacks (0)
  1. Liewe Stan

    As jy so groot probleem het, gaan lees die Sarie… Of as mens kyk na hoe jy optree kom jy dalk nog uit die tyd van Scope… Sterretjies en al…

    So asb, ons het nie jou stupid (nes jy) boodskappe oor hoe jy voel nodig nie. Hou dit vir jou self.

    ps. Gaan huis toe jou ma wil kinders tel.

    Dankie
    Gevaaalik fan

  2. hahaha. dom idioot.

  3. Stan meet op ‘n baie snaakse manier trille. Sommige sal salaris, karre, meisies ens. vergelyk. Stan wil liewers weet wanneer laas jou ma jou pakslae gegee het. Dis vir hom baie belangriker en seker ook ‘n turn on. Klink vir my iemand het mommy issues.

  4. Lyk my Stan hou daarvan om oor sy gevoelends te praat. Dink verseker hy het mommy-issues.

    Stan, harden-the-f$#!-up!

    O ja, Huisgenoot soek hulle village idiot terug!

  5. Stan rym met poes.

  6. Ek hoop Stan reply weer verder. (Hou ons seblief op hoogte) Ek het dit nogal gelike om te check hoe Linton aanhou terug kom om sy naam net bietjie verder en dieper deur die vark kak te sleep.

  7. Ons sal julle verseker op hoogte hou van verwikkelinge

  8. Dit is vir my so lekker om julle comment op hierdie goed te lees. Laat my altyd lekker lag.

  9. En dit my vrinne, is al hoekom social media bestaan : mense hou van hulle eie stemme

  10. @Pisgesig: Vir een keer stem ek 100% saam met jou

  11. *whipping sound* so hele fokken paar keer Stantjie

  12. Hierdie shit kikker my dag op. Mens het idiots soos Stan nodig om soms mens se Monday blues te breek.


Leave a comment

No trackbacks yet.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers