Awolnation hier vir RAMFest

RAMFest het gister announce dat die laaste international act wat die jaar op die bill gaan verskyn Awolnation is. Ek weet nie veel van die band nie. Ek ken net een van hulle songs want dit was in die “Best Wingsuit Video Ever” waar Jeb Corliss (wat onslangs so paar bene gebreek het toe hy van Tafelberg afgespring het) moer naby aan die grond vlieg met ‘n wingsuit.

Ek het biettjie gaan oplees oor Awolnation en hulle word beskryf as ‘n electronic rock band. Ek like die song “Sail” en “Burn it Down” is ook nogal catchy, al lyk die video asof hy op ‘n chappie-papier budget geskiet is. Nou is die vraag net of Awolnation se live show gaan kan byhou by die live act van In Flames. Check die video’s hieronder en laat weet ons wat jy dink van Awolnation.

1 Response

  1. Stephan says:

    Dit gaan kak smart wees! Hulle album is nogals smart en het ‘n hele paar lekker tunes wat die aand sal ruk!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"