Al ooit gewonder hoe eerste klas op Emirates lyk?
As jy al armgat ekonomie klas gevlieg het, dan het jy verseker al gewonder hoe is eerste klas. Casy Neistat het ‘n upgrade gekry op ‘n Emirates vlug tussen Dubai en New York. ‘n $21 000 upgrade en gelukkig vir ons is Casey Neistat ‘n filmmaker wat ook ‘n daily vlog doen, en dus het hy sy hele 1ste klas ervaring vir ons in ‘n nege minuut video verander. ‘n Hele 14 uur vlug condensed na 9 minute toe, stort en al. Dit is reg, stort. Op. ‘n. Vliegtuig.
Kyk bietjie hoe Casey Neistat sy video daardie handheld feel geen, daardie amateurish gevoel wat ons so aantrek na YouTuber videos toe. Tog is Casey Neistat alles behalwe ‘n amateur filmmaker, hy is presies die teenoorgestelde. Neistat is ‘n professional filmmaker, maar hy laat sy videos aspris effens amateur voel al is daar niks amateur aan dit nie. Ek meen, dit moes hom ‘n rukkie gevat het om te leeer skateboard terwyl hy ‘n Canon DSLR op ‘n tripod vashou en mee praat alles in die strate van New York City.
Die video van Emirates eerste klas id ‘n uitstekende voorbeeld van Neistat se werk, maar doen jouself ‘n guns en loer na so paar van sy ander videos op sy YouTube channel ook. Maak ook seker jy kyk na sy advertensie wat hy gemaak het vir Mercedes-Benz se CLA. Is Neistat betaal vir hierdie video deur Emirates? Ek glo nie so nie, maar iemand het geweet as hulle sy seat upgrade gaan hy ‘n video daaroor maak, die ou het soos 5.5 miljoen subscribers.